Die Taaltrommel 21 September 2020 – Erfenis

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


In Suid-Afrika is 24 September Nasionale Erfenisdag: die dag waarop elkeen sy erfenis moet gedenk en dus nie moet vergeet wie en wat hy is en waar hy vandaan kom nie.
Ons haal die woord “erfenis” uit die Taaltrommel. Wat presies is dit?

Erfenis is al omskryf as “dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiekstukke, mondelinge tradisies en museumversamelings saam met hul dokumentasie”.

Mettertyd het Nasionale Erfenisdag ook as Nasionale Braaidag bekend geraak. ’n Vleisbraai is steeds een van ons wonderlikste tradisies en natuurlik ook deel van ons koserfenis.

(Bronne: https://af.wikipedia.org/wiki/Erfenisdag_(Suid-Afrika); monument-sa.co.za)