Die Taaltrommel 22 Februarie 2021: Nasionale Melktertdag

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


27 Februarie is Nasionale Melktertdag. Daarom krap ons in die Taaltrommel en wonder wat beteken sekere terme in outydse resepteboeke. Hoeveel is ’n knippie sout? En wat word bedoel met ’n “knypie” en ’n “grypie” by maataanduidings?

’n Knippie: soveel sout as wat met die duim en wysvinger gevat kan word
’n Knypie: die hoeveelheid wat met die duim, wysvinger en middelvinger gevat kan word
’n Grypie: die hoeveelheid wat met al die vingers van een hand gevat kan word

(BRON: Skottel en spens: Stories, verse en resepte uit die Afrikaanse koskultuur – Peet du Toit. Daar is ook lekker melktertresepte in Skottel en spens.)