Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Hier is nog ’n paar pragtige “gespierde” Afrikaanse woorde wat eerder gebruik kan word in plaas van die woorde wat dikwels in akademiese tekste en formele kommunikasie voorkom:
implementeer – toepas, in werking stel, uitvoer
industrie – nywerheid, bedryf
insidensie – voorkoms
isolasie – afsondering
konklusie – gevolgtrekking
konsiderasie – oorweging
konsulteer – raadpleeg
(BRON: “Gespierde Afrikaans”, LitNet, 2021-02-25)