Die Taaltrommel 23 Augustus 2021: Ontbloot en blootlê

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Wat is die verskil tussen ontbloot en blootlê?

ontbloot: 
ww. Kaal, bloot maak (jou klere uittrek): Vakansiegangers wat hulle op die strand ontbloot. Die hoof ontbloot (jou hoed afhaal).
b.nw. Onbedek; sonder: Ontbloot van alle waarheid.

blootlê: ww.
1 Laat sien; openbaar (maak) of aan die kaak te stel; ontdek, onthul: Geheime blootlê.
2 Onbeskermd lê: Die land het vir die vyand blootgelê.

(BRONNE: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers)