Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Ons haal ’n paar “onsinnige sinne” uit Die Taaltrommel.
Kyk gerus of jy dit kan verbeter om die verwarring en dubbelsinnigheid uit te skakel.
- Hy het vroeg reeds die pad na sukses in sy kop geteer.
- Lincoln het sy beroemde Gettysburgse toespraak geskryf terwyl hy van Washington na Gettysburg op reis was agterop ’n ou koevert.
- Johan het die swart pak klere gedra asook die strooijonker.
- Ek is wakker gemaak deur die getjank van ’n hond wat deur die oop venster gekom het.
- ’n Suid-Afrikaanse navorser het ’n toestel ontwerp vir die diagnose van bilharzia wat wêreldwyd versprei sal word.
(Bron: Kwinksinnig – Johan Combrink)