Die Taaltrommel 24 Mei 2021: Teks ontsyfer

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Kan jy die volgende teks ontsyfer?

“Om geod te kan lesuitr, kan ’n goort bdyare tot werodoaskt lweer. Tuorens, duer lesuitr het ons amlal met ons werodoaskt beign. Ons het worode ngaebotos of hreahal wat ons as bbaas by ons orues geoohr het. Heriide lerebingeiesl gled oendrbeuws op ’n hëor valk duer jou hlee lwee heen.” – Johann Meyer. Uit: Lees beter, leef beter. 

Die menslike brein is waarlik wonderlik! Dit kan geskommelde letters lees en voorspel waar hulle hoort, solank die eerste en laaste letter van die woord in die korrekte plek staan. Stel gerus jou eie tekste met geskommelde letters saam en kyk hoe vinnig jou vriende, kollegas en kinders dit kan ontsyfer.