Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Tongknopers verskaf altyd baie pret. Probeer dit so vinnig moontlik sê sonder om oor jou woorde te struikel:
- Die sonskyn skuif skuins oor die skyf.
- Ryk Rosie van Reenen ruk aan die toom en ry reg rondom die rooi roosboom.
- My ma se mieliemeul maal mooi mieliemeel; maal jou ma se mieliemeul ook meel?
- Polinie Palop, die perd galop die hoogte op.
- Lang-Jan Louw met sy blou pak klere dra drie donkerblou pronkpouvere.(BRON: ’n Bietjie baie bogtery – Pieter W. Grobbelaar & Willem Jordaan)