Die Taaltrommel 29 Maart 2021: Kinderrympies

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Geniet twee kinderrympies ter viering van Internasionale Kinderboekdag op 2 April, wat die verjaarsdag van Hans Christian Andersen (1805-1875) is. Andersen se geliefde sprokies vir kinders is van die mees vertaalde werke.

Skoon hande
Hier is nou iets wat ek moet leer:
my hande was ek elke keer
net voor ek eet; dit is gesond
so bly die kieme uit my mond.
(Elizabeth Snyman)

Wippie en Snippie
Wippie en Snippie loer uit ’n gaatjie,
Wip is ’n muisie en Snip is sy maatjie.
Wippie en Snippie daar kom die groot kat,
Woeps spring die twee muisies weer terug in die gat.

(BRON: Kinderrympies Kinderrympies (kleuters.co.za))