Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Wat is ’n homoniem?
homoniem s.nw. ’n Woord wat dieselfde klank- en spelvorm as ’n ander woord in dieselfde taal het, maar in betekenis en herkoms verskil, bv. graaf (tuingereedskap) en graaf (edelman).
Voorbeeldsin waarin dieselfde woord verskillende betekenisse het:
Sy laat die heuning uit die was drup, was dan haar hande en bêre die was weer waar dit was.
(Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; www.beterafrikaans.co.za)