Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
beter of beste of liewer?
“Die beter van die twee spelers, studente, ens.” is ’n anglisisme.
(Engels: The better of the two players, students, etc.)
Afrikaans: “Die beste van die twee spelers, studente, ens.”
“Jy beter dit doen” is ook ’n anglisisme.
Afrikaans: “Jy moet dit liewer doen.”
(BRON: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)