Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Verwarrrende woorde: bydra en bydrae; klop en wen
bydra: werkwoord
Elkeen moet R100 bydra vir die geselligheid.
Swak dienslewering sal bydra tot wantroue in munisipale bestuurslede.
bydrae: selfstandige naamwoord
Die publiek word versoek om ’n bydrae te lewer tot die verdienstelike saak.
klop: werkwoord en selfstandige naamwoord
Die jong skaakspeler het haar teenstander maklik geklop.
Daar is ’n klop aan die deur.
wen: werkwoord en selfstandige naamwoord (windas)
Die Springbokke het die honderdste toetswedstryd teen die Al Blacks verloor.
(BRONNE: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers)