Die Taaltrommel 6 September 2021: Trippe trappe tone

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Kinders word van jongs af aan klanke en taal blootgestel deur middel van rympies, stories en liedjies.
Ons haal ’n tradisionele rympie uit Die Taaltrommel.

Baie van ons ken dit seker nou nog:

Trippe trappe tone
die varkies in die bone,
gansies op die groene gras,
eendjies in die waterplas,
ek wens dat kindjie groter was
om ouma se eendjie op te pas.

(BRON: Uittelrympies, Mieliestronk: www.mieliestronk.com)