Die Taaltrommel 7 Desember 2020: Negatief

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.

Die woord “negatief” kom in die soeklig. Deesdae is dit goeie nuus as jou Corona-19-toets negatief is, maar moenie “negatief” in alle gevalle/kontekste gebruik as dit met ’n beter byvoeglike naamwoord vervang kan word nie. Hier is ’n paar voorbeelde:

  • boodskap: mistroostig
  • ervaring: onaangenaam, sleg
  • mens: swaarmoedig, swartgallig, pessimisties
  • publisiteit: ongunstig, sleg, swak
  • vooruitsig: troosteloos, donker, swak

(Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers – Dalene Müller en Sebastian Pistor)