Die Taaltrommel 8 Junie 2021: Oseane

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Ter viering van Wêreld Oseane Dag (8 Junie)  noem ons die vyf bekende oseane:

Arktiese Oseaan         Noordelike Yssee; Noordpoolsee

Atlantiese Oseaan      aan die westekant van Afrika

Indiese Oseaan           aan die oostekant van Afrika

Stille Oseaan              die wêreld se grootste oseaan: tussen die westelike kus van die Amerikas en die oostelike kus van Asië

Suidelike Oseaan       geleë om Antarktika

(BRON: PharosAanlyn)