Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Hier is nog ’n paar voorbeelde van “gespierde” Afrikaanse woorde wat gerus ook in akademiese werke of amptelike dokumente gebruik kan word:
vasbeslotenheid; vasberadenheid – i.p.v. determinasie
verspreiding – i.p.v. distribusie
oorheers; oorheersing – i.p.v. domineer; dominasie
bestaan – i.p.v. eksistensie
verken – i.p.v. eksploreer
ingewikkeld – i.p.v. gekompliseerd
wêreldwyd – i.p.v. globaal
(BRON: “Gespierde Afrikaans”, LitNet, 2021-02-25)