KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Die volgende stop-bordspeletjie bied nou selfs méér pret 

Die volgende stop is ’n gewilde, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom.

Nou kan die pret en plesier selfs langer hou! Reeks 3-speelkaarte van Die volgende stop-bordspeletjie is nou beskikbaar teen slegs R140. Dié speelkaarte bevat 300 nuwe vrae en aktiwiteite. Skop jou somervakansie op ’n hoë noot af met Die volgende stop! Klik hier om dié bordspel- en kaarte te koop.