Donkerhoek-boekgesprek

Kraal Uitgewers, in samewerking met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, nooi jou uit na ’n aanlyn gesprek oor Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog deur Andries Breytenbach.


Op 11 en 12 Junie 1900 vind die Slag van Donkerhoek (ook genoem Diamond Hill) ten ooste van Pretoria plaas. Die afloop van hierdie veldslag was teen alle verwagtinge in – inderdaad ’n keerpunt vir albei partye.

Skakel eerskomende Maandag, 12 April 2021, in vir ’n aanlyn gesprek tussen prof. Fransjohan Pretorius, reeksredakteur van Kraal Uitgewers se Kraal Histories-reeks, en skrywer van Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog,  Andries Breytenbach en vind uit waarom.

Prof. Fransjohan Pretorius gesels met Andries Breytenbach
Maandag 12 April 2021
14:00 tot 15:00

Die gesprek word regstreeks uitgesaai op Kraal Uitgewers se sosialemediakanale, en sal ook na die tyd beskikbaar gestel word.

Kyk op Facebook Kyk op YouTube

Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog is 12-16 April 2021 HIER beskikbaar teen slegs R200 (normale prys: R290).

Een gelukkige koper staan die kans om ’n GRATIS eksemplaar van dr. Leopold Scholtz se boek, Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, te wen.