Drie van die BESTES!

Hulle sê mos: Drie maal is skeepsreg! Daarom kán jy nie ’n fout maak met Kraal Uitgewers se Drie van die BESTES-aanbieding nie. Teen slegs R450 is drie eg Afrikaanse, erg prettige en enersyds vermaaklike spreekwoordprodukte joune.

Die spreekwoordblokraaiboek By wyse van spreke bied 100 blokraaisels wat jou kennis van Afrikaanse spreekwoorde sal toets én verbreed. Voeg daarby die Idio-bordspel en een stel van Kraal Uitgewers se kostelike haas-, kat- en hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde en siedaar, jy het drie van die bestes!

Bestel dié pakket vandag nog hier aanlyn by Kraal Uitgewers se e-winkel teen slegs R450 – en bespaar sodoende ’n allemintige R190. Spring gou, moenie gras onder jou voete laat groei nie of maak soos vetgesmeerde blits, voordat dit neusie verby is!

Aanbod geldig terwyl voorraad hou.