Afrikanertoekoms 101 – ‘n vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners

R100.00 R50.00

Jong Afrikaners staar talle uitdagings in die gesig en moet dikwels antwoorde bied op taai of tartende vrae oor sake soos apartheid, regstellende aksie, moedertaalonderrig en geloof.

In Afrikanertoekoms 101: ’n Vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners stel die jeug by monde van Paul Maritz (Solidariteit Jeug-bestuurder) hierdie vrae aan die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys. Buys antwoord op ’n eenvoudige, maar praktiese én gebalanseerde wyse met die naakte feite, verteerbaar verpak vir die jong Afrikaner in 2020.

Dié gids bied ’n waardevolle hulpmiddel aan elke jong Afrikaner wat hier wil bly, werk, leef én bou aan ’n beter toekoms.

 

Voorraad beskikbaar