Die geskiedenis van die krygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog is nog nooit so indringend vanuit die perspektief van die krygsgevangenes te boek gestel soos in Bannelinge in die vreemde nie.
Die beginsel van die neem van krygsgevangenes is so oud soos oorlogvoering; net die lotgevalle van die gevangenes deur die eeue het verander. Gevangenes is in die vroegste tye tereggestel en later is hulle as dwangarbeiders aangewend of as slawe gebruik of verkoop. Die ondertekening van konvensies en ooreenkomste oor die hantering van krygsgevangenes en hul regte en voorregte het groot veranderings teweeg gebring, maar steeds was hul lot nie benydenswaardig nie.
Die outeur van Bannelinge in die vreemde het, benewens bepaalde agtergrondinligting, die krygsgevangenes self aan die woord gestel en gevolglik is hierdie die verhaal van die meer as 31 000 mans wat hulself in onsekerheid in die vreemde bevind het.
Spesifikasies: Hardeband, 415 bladsye, 24,5 cm x 30,5 cm
Outeur: Elria Wessels
ISBN: 9780981400945
Erwe van ons vaad’re-reeks
Die Erwe van Ons Vaad’re-reeks bestaan uit besondere boeke wat oor aspekte van die Afrikaner se kultuur en geskiedenis handel. Elke boek in die reeks bevat unieke foto’s waarvan baie nog nooit vantevore gepubliseer is nie.