Leon-Ben Lamprecht is ’n voormalige joernalis by Die Burger en Weg! en is sedert 2014 ’n makelaar, Hy het ’n BCom-graad sowel as ’n nagraadse diploma in finansiële beplanning en ’n meestersgraad in joernalistiek agter sy naam.
Hy glo stories (veral snaakse stories) maak van ons mense. Hy woon in Wellington saam met sy vrou, drie kinders en drie honde. Hy is ’n chroniese braaier en speel graag kitaar.
Thomas Snyman is ’n illustreerder en grafiese ontwerper van Centurion. Hy het BA Grafiese Ontwerp by die Midrand Graduate Institute (MGI) in Potchefstroom studeer en het ’n onblusbare liefde vir teken en ontwerp. Barend, die barbaar is die tweede kinderboek wat hy geïllustreer het.
Spesifikasies: 230 mm x 195 mm; sagtebandomslag; 27 bladsye
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Genre: Kinderfiksie
Publikasiedatum: November 2021
Uitgawe: Eerste