Hou plek en hou koers met die kleurvolle ontwerpe op hierdie stel van 12 boekmerke vanaf Kraal Uitgewers wat die woorde van beminde skrywers soos M.E.R., Eugène Marais en N.P. van Wyk Louw laat herleef én voortleef.
Spesiale Prys
Boekmerke: Afrikaanse skrywers, boeke en taal
R50.00 R30.00
Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n Stel boekmerke met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir die boekwurm in jou lewe, of om sommer net jouself mee te bederf.
Voorraad beskikbaar