Dit is volgende jaar (2017) presies 115 jaar sedert die Anglo-Boereoorlog tot ʼn einde gekom het in 1902. Vier hierdie geskiedkundige oorlog met ʼn 2017 Anlgo-Boereoorlog-kalender deur Kraal Uitgewers.
Elke maand vertoon inligting oor prominente rolspelers (mans én vroue) van dié oorlog. Bekendes soos generaals Koos de la Rey en Christiaan de Wet sowel as vroue insluitend Nonnie de la Rey en Emily Hobhouse word in hierdie maand-vir-maand kalender vereer. Ontmoet minder bekende rolspelers soos Johanna Brandt van die vroue se geheimediens en Tibbie Steyn, eggenote van die Vrystaatse president M.T. Steyn, wat haar eie merkwaardige bydrae tydens en na die oorlog gemaak het. Kalender sluit ook inligting oor enkele gebeure en persone uit die oorlog in – soos die uitbreek van die oorlog in 1899, Emily Hobhouse se eerste besoek aan ʼn konsentrasiekamp en die dood van president Paul Kruger. Gedenk dié en ander helde uit die oorlog.
Spesifikasies: 300 mm x 210 mm, oopvoukalender met ‘n dubbelblad per maand
Uitgewer: Kraal Uitgewers