Volgens Scholtz was die bondgenootskap van die Transvalers en Vrystaters in die praktyk ’n alliansie van dwarstrekkers (vandaar dan ook die titel) wat nogal kenmerkend van die Afrikaner geword het en selfs in latere jare tot ’n skeuring en opponerende politieke partye gelei het.
Die vertolkings en gevolgtrekkings wat Scholtz maak gee aan die leser ’n beter insig van hierdie tydperk in die Afrikaner se geskiedenis en herinner hom daaraan dat bondgenote dikwels met mekaar ’n oorlog in die kleine veg te midde van die militêre stryd met die opponent.
Spesifikasies: Portret; 229 mm x 152 mm; sagteband; 280 bladsye
Skrywer: Leopold Scholtz
Redakteur: Fransjohan Pretorius
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Genre: Niefiksie
Reeks: Kraal Histories