By wyse van spreke: 100 Spreekwoordblokkiesraaisels

R100.00

Dit sal ’n huppel in jou stap sit, of sommer laat voel asof jy pens en pootjies in die botter geval het, want By wyse van spreke beloof om ure se blokkiesraaiselpret te verskaf.

Met 100 spreekwoordraaisels waarin nagenoeg 4 000 spreekwoorde vervat is, sal dié bielie van ’n blokkiesraaiselboek jou laat kopkrap, raai én meer leer oor die wonderlike spreekwoorde, idiome en vaste uitdrukkings wat Afrikaans so kleurryk maak en dinge al te lekker op die tong laat val!

Met By wyse van spreke sal jy behoorlik voel soos ’n kat wat room gekry het.

Voorraad beskikbaar