Waarom het jy hierdie dagbeplanner nodig?
• Dit is ongedateer en daarom kan jy dit enige dag van die jaar begin gebruik.
• Dit bevat spasie vir week- en dagbeplanning.
• Dagblaaie het plek vir ’n taaklys vir alle afsprake wat vanaf 06:00 tot 22:00 aangeteken kan word, notas, belangrike inligting wat onthou moet word en ’n doelwitlys.
• Dit moedig ook ’n gesonde leefstyl aan met ’n watermeter om jou te herinner om die daaglikse teiken van agt glase water na te jaag.
• ’n Spesiale plek waarop jy kan aandui waarvoor jy dankbaar is, herinner elkeen om groot én klein genade in elke dag raak te sien.
• Die weekbeplanners bevat pragtige aanhalings van bekende Afrikaanse skrywers en digters.
• Die beplanner het genoeg spasie vir ’n volle jaar van inspirasie, notas en dankbaarheid.
Spesifikasies: Portret; 148 mm x 210 mm; ringband met sagtebandomslag; 420 bladsye
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Genre: Dagboek
Publikasiedatum: Mei 2021
Uitgawe: Eerste