De la Rey-pakket

R580.00

Leer van liefde by die meesters

Wanneer dit maanskyn en rose gaan, borrel die hart oor en loop die liefde ook sommer seepglad. Maar wanneer daar oorloë woed, jy en die liefde van jou lewe ’n bestaan moet oopkap in een van die gehardste landskappe in ’n ongerepte deel van Afrika, en julle beide vir ’n jaar of meer in die veld moet oorleef met die vyand alewig op jou hakke – dan is dit nie so eenvoudig nie. Dan is dit soveel méér as kalwerliefde, dan is dit die verhaal van Koos en Nonnie de la Rey. Ontmoet dié formidabele egpaar in twee van Kraal Uitgewers se treffendste geskiedenispublikasies – De la Rey: ’n Stryd vir Vryheid en Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 – nou beskikbaar teen die “liefdevolle” prys van slegs R480.*

*Aanbieding geldig tot 31 Augustus 2019 of terwyl voorraad hou.

 

Voorraad beskikbaar