Die Afrikanerrebellie

R530.00

Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redakteurskap van Andries Raath en Danie Langner) verskyn in die jaar van die honderdste herdenking van ʼn gebeurtenis waartydens broer teen broer, vader teenoor seun en vriend teenoor vriend te staan gekom het. Die effek van die Rebellie van 1914-1915 is binne die kern van Afrikanergeledere – in die staat, kerk en volk – ervaar. Die Rebellie van 1914 het gespruit uit die besluit van die Unieregering om Suid-Afrika aktief aan die kant van Brittanje by die Eerste Wêreldoorlog te betrek en Suid-Afrika se Duits-beheerde buurland Suidwes-Afrika binne te val.