Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek

R190.00

“Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie.”

Dié woorde uit die wet van God, soos opgeteken in Eksodus 20, is baie bekend aan Christene. Hoewel dié gebod vereis dat ’n mens nie op die Sabbat mag werk nie, bevat dit ook ’n belangrike opdrag aan die gelowige, naamlik om wel ses dae lank te werk.

In Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek (onder redaksie van Wikus Buys en Paul Maritz) ondersoek 15 verskillende skrywers uit uiteenlopende agtergronde en beroepe die kwessie van werk en watter lesse daaroor uit die Bybel geput kan word.

 

Voorraad beskikbaar

ISBN: 978-1-990915-14-7 Kategorieë: , , ,