KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Die wonder van ʼn nuwe taal in Afrika (Dubbel DVD-stel)

R200.00

Die verhaal van Afrikaans sedert sy ontstaan tot vandag en elke kleurvolle oomblik tussenin word in twee dele op die DVD, Die wonder van ʼn nuwe taal in Afrika, vertel. Verskeie geleerdes, skrywers en joernaliste praat oor die ontstaan van en prestasies wat Afrikaans behaal het. Alle fasette van die taal word in detail ondersoek vanaf die geskiedenis van die eerste briewe in Afrikaans, die eerste Afrikaanse publikasies, radiostasies en TV tot by die hedendaagse trotse Afrikaanse media.