Vir die samestelling van hierdie boek het Lubbe ongeveer 16 000 foto’s deurgesoek uit persoonlike versamelings van oudsoldate, joernaliste, oorlogskorrespondente en enigiemand anders wat op die regte oomblik gereed was om foto’s van die oorloë en die mense te neem. From Cunene to Cabo Delgado is ingedeel volgens die onderskeie streke waar die oorloë plaasgevind het, naamlik die Portugese koloniale oorloë in Angola en Mosambiek; die Rhodesiese Bosoorlog; en die Suid-Afrikaanse Grensoorlog wat hoofsaaklik in Suidwes-Afrika afgespeel het. Die boek bevat ook ’n hoofstuk met waardevolle statistiek oor die sterftes wat in elkeen van hierdie konflikte opgeteken is sowel as ’n afdeling oor die herontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe. Elkeen van die oorloë word boonop ingelei deur ’n opsomming van die belangrikste gebeure wat tot die konflik gelei het, noemenswaardige gebeure tydens die oorloë en die uiteindelike beëindiging daarvan.
Spesifikasies: Portret, 21 cm x 29,5 cm; sagteband, 383 bladsye
Skrywer: Louis Lubbe
Uitgewer: Louis Lubbe
Genre: Nie-fiksie