Die FroueVonds Dagbeplanner 2022 bied jou die volgende:
- A5-grote dagbeplanner – hardeband
- ’n Bladsy per dag vir afsprake om jou in staat te stel om elke dag haarfyn te beplan en jou tyd optimaal te benut.
- Oorgenoeg skryfplek vir notas asook vir joernaalinskrywings.
- ‘n Jaarkalender asook ‘n volblad maandkalender aan die begin van elke maand.
- Kalenders vir 2022, 2023, openbare vakansiedae, skoolkwartale en méér.
Deur die FroueVonds dagbeplanner vir 2022 aan te koop, verseker jy dat die #HelpHetta-projek aan 3 000 skoolgaande meisies sanitêre ware en higiëniese produkte op ’n kwartaallikse basis kan verskaf. Hierdie meisies sal soveel as 52 skooldae per jaar misloop, indien hul nie hierdie noodsaaklike produkte ontvang nie.
R50 van elke dagbeplanner word teruggeploeg in die #HelpHetta-projek. Vir ons gaan dit nie net oor sanitêre produkte nie, maar oor ’n meisie se opleiding en haar menswaardigheid.