Vyf boeke is reeds in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks van Hertzogpryswenners uitgereik. Hiermee word hulde gebring aan die literêre kunstenaars wat oor dekades Afrikaans en Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het.
Die bundels wat reeds verskyn het, sluit in: Adam Small: Denker, digter, dramaturg; P.G. du Plessis: Hy was ’n rukkie pagter hier; Pieter Fourie: Teatermaker; breyten breytenbach: woordenaar, woordnar; en Johann de Lange 60: ’n Huldiging.
Klik hieronder vir meer inligting oor elkeen van dié bundels:
ISBN:
- Adam Small: 978-1-4853-0863-8
- P.G. du Plessis: 978-1-920188-54-2
- Pieter Fourie: 978-1-485-31081-5
- Breyten Breytenbach: 978-1-485-30484-5
- Johann de Lange: 978-0-9947159-9-9
Kategorieë: Boeke/ Niefiksie/ Letterkunde/ Biografie
Spesifikasies:
Portret; 220 mm x 150 mm; sagteband
- Adam Small: 248 bladsye
- P.G. du Plessis: 360 bladsye
- Pieter Fourie: 291 bladsye
- Breyten Breytenbach: 416 bladsye
- Johann de Lange: 218 bladsye
Redakteur:
- Adam Small: Jacques van der Elst
- P.G. du Plessis: Heilna du Plooy
- Pieter Fourie: Fanie Olivier
- Breyten Breytenbach: Francis Galloway
- Johann de Lange: Daniel Hugo
Skrywers:
Verskeie letterkundiges en skrywers insluitende: Tanja Botha, Willie Burger, Neil Cochrane, Abraham H. de Vries, Willem de Vries, Catherine du Toit, Francis Galloway, Joan Hambidge, Daniel Hugo, Marisa Keuris, Antjie Krog, Michael le Cordeur, Bernard Odendaal, Johann Rossouw, Alwyn Roux, Francois Smith, Erika Terblanche, Tony Ullyatt, Jacques van der Elst, Christo van der Westhuizen, Jacomien van Niekerk, Steward van Wyk, Hein Viljoen, Louise Viljoen, Hein Willemse.
Uitgewer: Protea Boekhuis, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Litera Publikasies
Reeks: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Hertzogpryswenners-huldigingsreeks
Genre: Niefiksie