Die geskiedenis van wat beskou word as “die politikus se Bybel” is kundig saamgevat deur At van Wyk. Die verslae van parlementêre verrigtinge en debatte is van kritieke belang. Volgens Van Wyk het ene Jan Smith in 1951 in Die Brandwag soos volg kommentaar gelewer oor die Hansard (oftewel Hansak soos die Boeremense op die platteland dit genoem het): “Met vrymoedigheid kan gesê word dat Hansard ná die Bybel een van die geloofwaardigste en merkwaardigste boeke van hierdie eeu is.” Vind in Hoor! Hoor! Hansard uit waarom hierdie parlementsboek so belangrik is en wie die afgelope 100 jaar die ratte van hierdie groot taak aan die draai bly hou het.
Spesifikasies: Sagteband, 220 x 115 mm, 252 bladsye
Outeur: At van Wyk