Jonkman en Baartman sing nuwe lawwe liedjies (CD)

R130.00

Iets wat die kleingoed én hul ouers kan geniet is waarlik musiek in enige huisgesin se ore. Dit is juis wat die sangpaar Jonkman en Baartman (Leon Gropp en Christiaan Baartman) met hul unieke kinderalbum Jonkman en Baartman sing lekker lawwe liedjies beoog. 

Hierdie opvoedkundige album bied luistergenot vir die jongspan (tot en met so agtjarige ouderdom) en is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R120 (posgeld uitgesluit).