Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
Die Anglo-Boereoorlog is bekend as ’n bittere stryd tussen die magtigste koloniale mag van die tyd, Brittanje, aan die een kant en die Boererepublieke van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) aan die ander kant. Dié oorlog was egter nie net ’n stryd tussen Boer en Brit nie. Ernstige geskille rakende oorlogvoering het ook onderling tussen die leierskap van die twee Boererepublieke gewoed. Die historikus dr. Leopold Scholtz ondersoek die soms wankelrige en wispelturige verhoudings tussen die Transvaalse en Vrystaatse leierskap.
Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog
Dis Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is reeds in die hande van die Britte. In die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) het Paul Kruger en sy regering reeds Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. Die bomme val al by Sunnyside. Pretoria word sonder veel teëstand ingeneem en die Boere loop by die dosyne weg van die kommando’s. Die oorlog is verby en die Boere se moed is gebreek. Of só het dit gelyk totdat die Slag van Donkerhoek ’n keerpunt vir die Boere sou bring.
Kraal Histories-reeks (onder redaksie van Fransjohan Pretorius)
Boeke wat tot dusver in die reeks verskyn het is: Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923; Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902; en Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog.