Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ʼn sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil om oorlewing sou beklemtoon. Dié kultuurgroep se stryd om oorlewing is duidelik in onder meer die vestiging van die Boererepublieke, die keuse om Afrikaans as taal te vestig, die herwinning van politieke mag in 1948 en uiteindelik die verlies van mag teen 1994.
Kruispaaie, deur Leopold Scholtz, plaas die fokus op dié en ander rigtinggewende keuses wat die Afrikaner gedurende die 19de en 20ste eeu geneem het en ondersoek die, soms rampspoedige, gevolge van dié besluite. Dit vra ook die brandende vraag prontuit: Het die moderne Afrikaner dit in hulle om binne die praktiese beperkings ʼn herwonne toekoms te skep? Of sal hulle sagkens, soos ʼn kers onder ʼn maatemmer, uitgedoof word?
Spesifikasies: 220 mm x 160 mm, sagteband, 244 bladsye
Outeur: Leopold Scholtz
Uitgewer: Kraal Uitgewers