Kraal Uitgewers se nuwe koffiebekerstelle pronk met woorde uit die bekende tradisionele liedjie “Jan Pierewiet” en die meer hedendaagse treffer “Stuur groete aan Mannetjies Roux”. Hiermee kry die woorde “My oom drink koffie en my tannie tee” lêplek waar dit hoort – op jou oom en tannie se koffiebekers. Boonop sal elke Jan Pierewiet en sy maat weer ’n huppel in sy stap (en dalk ’n soen op die wang) kry, as hy met dié nuwe bekers die eerste koppie Boeretroos van die dag aandra. Op die Jan Pierewiet-bekers verskyn die toepaslike reëls “Goeiemôre my vrou hier’s ’n soentjie vir jou” en “Goeiemôre my man, daar is koffie in die kan”.
Dus, as jy die pierewaaier in jou wil laat uitkom, vergeet van pronk met ’n anderman se vere, laat die Jan Pierewiet- en Mannetjies Roux-bekers sommer die pronkwerk namens jou doen. Kry joune teen slegs R170 per stel.