Die briewe is nie polities korrek nie, pas nie getrou by die staatsideologie in nie, aanvaar nie die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis nie en daag die rasideologie van die regerende party uit.
Hermann benadruk in dié bundel briewe prontuit dat daar nie langer op die regering staatgemaak moet word vir ’n beter toekoms nie – maar wat is die alternatief? Ons sal self bied broodnodige hoop én antwoorde.
“Die briewe is enersyds ontstellend oor die brutale eerlikheid daarvan, en andersyds bemoedigend oor die uitkomste wat dit meestal bewerkstellig. Die pen blyk inderdaad magtiger as die swaard te wees.” – Susan Lombaard, uitvoerende hoof, Maroela Media.
Spesifikasies: Portret; 240 mm x 175 mm; sagteband; volkleur, 164 bladsye
Skrywer: Dirk Hermann
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Genre: Niefiksie, aktueel
Publikasiedatum: Oktober 2020
Uitgawe: Eerste