Ons was daar (saamgestel deur genl. Jannie Geldenhuys) is daarop gemik om die bestaande wanpersepsies oor die oorlog reg te stel. Ons was daar verskil van ander grensoorlogboeke onder meer in die opsig dat hierdie boek die Grensoorlog in konteks van Koue-oorlog plaas. Alle fases van die oorlog word hier saamgevat en slaan ‘n hele aantal mites oor die oorlog hok. Dit bevat die wedervaringe van uiteenlopende mense wat by die oorlog betrokke was en strek oor al die range.
Die boek bied nie net ‘n waardevolle oorsig oor die millitere geskiedenis – wat dit ‘n uitsonderlike navorsingswerk maak nie – maar bied ook vertellings oor persoonlike ervarings. Hier is alles oor soldate, soos vertel deur soldate wat daar was. Dis ‘n pronk uitgawe vir die trotse navorser en privaat versameling en tog ook vir die pendelaar se aktetas. Die veteraan van toeka sal goeie herinneringe hier vind en ander weer, dinge om te onthou.