Oor gemeenskap en plek: Anderkant die onbehae is ’n rigtinggewende boek waarin Danie Goosen die leser uitdaag om op ’n nuwe wyse oor gemeenskap na te dink. In aansluiting by die Westerse tradisie van filosofiese en teologiese denke maak die skrywer ’n eietydse voorspraak vir die gemeenskapsgedagte. Tegelyk gee hy praktiese antwoorde op die vraag hoe die veelheid van gemeenskappe, in besonder die Afrikaners as kultuurgemeenskap, vandag tot hul reg kan kom.
Goosen toon hierin aan dat die gemeenskapsgedagte ons in staat stel om vandag anders oor die menslike toestand te dink. Trouens, Oor gemeenskap en plek bied die moontlikheid om die uitgangspunte van die heersende ideologie en politieke orde grondig te hersien en anderkant die beperkinge daarvan te tree.
Spesifikasies: 140 mm x 205 mm, sagteband, 444 bladsye
Outeur: Danie Goosen
Uitgewer: FAK