Op die spore van Retief: Die storie agter die Viertrek Groot Trek

R170.00

Verskeie gedenkgeleenthede is in 2013 aangebied om die 175ste herdenking van die Groot Trek te vier. Soos wat daar met die eeufeesviering in 1938 ʼn gedenktrek plaasgevind het, is ʼn eietydse trek in 2013 aangebied. Hierdie keer het 38 Viertrekkers met agt viertrekvoertuie die afstand van 5 000 km in die spore van Piet Retief en sy Voortrekkers afgelê. Die roete – van die Kaap tot in Natal – was uniek in die sin dat dit nie soos latere gedenktrekke deur dorpe getrek het nie, maar sover moontlik op die oorspronklike roetes van die Trekkers gebly het.

ISBN: 978-0-620-61165-7 Kategorieë: , , Tags: , , ,