Op Vlerke in die Krugerwildtuin deur geliefde skrywer André Christof bevat 27 vertellings van Christof se belewenisse in die Kruger.
“Omdat ons ervaring was dat baie mense wat die natuur en die Krugerwildtuin besoek, nie noodwendig werklik die diere en die voëls met die fyner detail ervaar soos ons nie . . . het ek ʼn paar jaar gelede ʼn paar skrywes aan Rapport gestuur,” verduidelik Christof. Sedert Augustus 2012 het sy geliefde natuurblog, Op vlerke, groot aanhang geniet totdat hy in Maart 2015 besluit het om sy fokus op die Op vlerke-boekreeks toe te spits. Christof se skerp waarnemingsvermoë het lesers van die blog behoorlik soekend na nog stories gelaat. Van sy gewildste vertellings sluit in “Die jag in jou kop” wat in Augustus 2009 op die dagblad Beeld se webblad geplaas is, en binne slegs vier ure deur meer as 8 000 mense gelees is.
Beperkte voorraad beskikbaar – bestel vandag nog jou eksemplaar en stap saam met Christof en sy vrou, Kate, op ʼn unieke ontdekkingsreis in hierdie reisverhale deur die wildtuin wat die verbeelding sal aangryp. Kom ruik, beproef en beleef die Krugerwildtuin soos jy dit nog nooit ervaar het nie.
Spesifikasies: Sagteband, 146 mm x 210 mm, 262 bladsye
Outeur: André Christof
Uitgewer: Kwarts Boekwinkel