Die boek Orania: Van dorp tot stad – ’n nuwe strategie (deur Frans se Klerk) het pas verskyn en plaas die fokus op die tuiste van ’n selfstandige Afrikanergemeenskap, Orania, wat na Afrikanerselfbeskikking streef.
“Frans de Klerk is een van die trekleiers wat sy loopbaan in diens van die vryheidstrewe gestel het. Sy praktiese ervaring en sy besinning daaroor word in hierdie reguit en saaklike uiteensetting saamgevat. Elkeen wat oor die Afrikanervolk se toekoms begaan is, sal bly wees om hierdie boek te gelees het. Hulle sal deel daarvan wil word,” verduidelik Carel Boshoff, president van die Orania Beweging oor dié boek.
Orania: Van dorp tot stad – ’n nuwe strategie word uitgegee deur die Orania Beweging. Kraal Uitgewers is ’n bemarkings- en verspreidingsvennoot.
Spesifikasies: Sagteband, 210 x 146 mm, 82 bladsye
Outeur: Frans de Klerk