Die lewe van die beroemde en geliefde president Paul Kruger word in hierdie boek op ʼn eenvoudige manier uiteengesit.
Dit volg Kruger se wedervarings as ’n jong seun tydens die Groot Trek, die lewe as ’n jongman in die binneland en uiteindelik as diep gelowige volwassene en president van die ZAR.
Tientalle foto’s, spotprente wat in destydse koerante verskyn het en ʼn eenvoudige uiteensetting van die lewe van ʼn groot held is alles in hierdie boek saamgevat.
Die boek vorm deel van die Erwe vir ons kinders-reeks. Indien die volledige stel van drie boeke gekoop word is die prys R100 (posgeld uitgesluit*)
Spesifikasies: Sagteband, 64 bladsye, 15 cm x 21 cm
Outeur: M. Raath en A.W.G. Raath