Spioenmeesters – Vriende, vyande en verraaiers van die 20ste eeu

R380.00

Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure.

Die boek openbaar van die geheime van spioenasie en teenspioenasie wat gedurende die Anglo-Boereoorlog en die wêreldoorloë plaasgevind en ’n hoogtepunt tydens die Koue Oorlog bereik het. Daar word ook ondersoek ingestel na opspraakwekkende intelligensie-gebeure wat tydens Suid-Afrika se stormagtige 1960’s en 1970’s afgespeel en onder meer tot die klopjag op Liliesleaf gelei het. In Spioenmeesters spoor die skrywer en afgetrede intelligensie-kenner, Henning van Aswegen, ook die gebeure na rakende Operasie Vula, die ANC-komplot wat amper die vredesonderhandelinge van die 1990’s in die wiele gery het.    

Voorraad beskikbaar