“Ons gaan ʼn taal maak”: Afrikaans sedert die Patriot-jare deur die taalhistorikus, prof. J.C. Steyn, vertel die verhaal van Afrikaans as moderne taal. Die titel van hierdie monumentale werk eggo die leuse van een van die vroegste taalstryders wat geglo het dat Afrikaans ‘gemaak’ kan word.
Die boek vertel die verhaal vanaf die taal se nederige begin in die 19de eeuse koerant, Die Afrikaanse Patriot, tot by vandag se trotse taalbakens soos kykNET, Naspers en LitNet. Dit volg die ontwikkeling van die eerste beskeie Afrikaanse toneelopvoerings tot by hedendaagse kunstefeeste en van die ontstaan van die Genootskap van Regte Afrikaners tot by instellings soos die Solidariteit Beweging.
“Ons gaan ʼn taal maak” kyk nie net na die groei en ontwikkeling van Afrikaans nie, maar ondersoek ook die talryke terugslae en probleme wat die taal se sprekers moes oorkom – van die onderdrukking deur die Milner-bewind tot die benadeling deur die ANC-regering; van die skade weens apartheid tot by die verliese vanweë transformasie.
Rolspelers in hierdie verhaal sluit onder andere bekendes in soos S.J. du Toit, Gustav Preller, C.J. Langenhoven, N.P. van Wyk Louw en Breyten Breytenbach, maar ook ander minder bekendes (wie se bydraes dikwels onderskat word) soos Oom Lokomotief, Jannie de Waal, Vader Kestell en F.V. Engelenburg.
Die ernstige taalkwessies wat in “Ons gaan ʼn taal maak” ondersoek word, word deurlopend met humoristiese staaltjies en soms treurige anekdotes afgewissel.
“Ons gaan ʼn taal maak”: Afrikaans sedert die Patriot-jare is in opdrag van Kraal Uitgewers geskryf en daarmee rond Steyn die kultuurhistoriese en taalpolitieke navorsing af waarmee hy meer as ’n kwarteeu besig is.
Spesifikasies: Sagteband, 624 bladsye, 20 cm x 25 cm
Outeur: J.C. Steyn
Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans
Oor die hedendaagse uitdagings wat Afrikaans en ander minderheidstale in Suid-Afrika in die gesig staar, meen Steyn is N.P. van Wyk Louw se insig in taal en taalaktivisme steeds relevant. Boonop bied verskeie alternatiewe en nuwe benaderings tot taalaktivisme, soos voorgestel deur moderne Afrikaanse taalaktiviste, ook moontlike antwoorde tot hedendaagse uitdagings.
Die boek is verdeel in agt hoofstukke en bevat nagenoeg 80 foto’s.
Oor die skrywer: J.C. Steyn
J.C. (Jaap) Steyn was joernalis en navorser en dosent aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite. Hy het talle vakkundige artikels en publikasies op sy kerfstok wat ’n bekroonde digbundel, prosawerke en boeke insluit, en is veral bekend vir sy deeglike studies oor die Afrikaanse taal en geskiedenis, asook vir sy biografieë oor M.E.R., N.P. van Wyk Louw en Piet Cillié. Sy omvattende werk oor die geskiedenis van Afrikaans, ‘Ons gaan ’n taal maak’: Afrikaans sedert die Patriot-jare (2014), is ook by Kraal Uitgewers gepubliseer. In 2017 is hy as die mede-ontvanger van die Jan H. Maraisprys vir sy bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal aangewys. Sy werk is ook met verskeie ander toekennings bekroon.
Kennersmening
“Met hierdie boek bevestig J.C. Steyn sy posisie as een van die belangrikste Afrikaanse skrywers oor taalkrisisse en taalontwikkeling, oor die belang van die eie taal as ’n tuiste vir identiteit en as weg tot volledige menslikheid. Elkeen wat vir Afrikaans omgee, behoort dit te lees.” – Chris van der Merwe, emeritusprofessor in Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Kaapstad
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Publikasiedatum: 14 Augustus 2019
Bladsye: 329 bladsye
Formaat: 240 mm x 170 mm
Bindstyl: Sagteband
Genre: Niefiksie, taalgeskiedenis
Uitgawe: 1
Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim finansiële bydrae vanaf die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.