“Tel jou woorde” bied verskeie unieke elemente, reëls en teëltjies wat dit onderskei van ander woordbou-bordspeletjies. Gebruik byvoorbeeld die Nar-teëltjie en skep ’n nuwe woord bo-op ’n bestaande woord, maar pas op vir die Lettervreter-teëltjie wat die teëltjie met die hoogste waarde op jou bord gaan vreet.
Boonop is “Tel jou woorde” ook nie net ’n bordspeletjie vir oues van dae of gesoute woordmeesters nie. Deur ’n variasie in die spelreëls toe te pas, kan die kleinspan ook net so maklik saamspeel en op gelyke vlak teen volwassenes meeding.
HOE WERK DIT?
Bou saam aan ‘n blokkiesraaisel en tel jou (letters en) woorde.
Pak jou letters slim oor die bonusblokkies en maak so die meeste moontlike punte.
Jy kan toor met woorde deur ‘n woord te pak wat verskeie woorde horisontaal en vertikaal vorm.