Eers was daar die boek Treurgrond en nou plaas die rolprent Treurgrond die skokkende realiteit van plaasaanvalle in Suid-Afrika op die voorgrond.
Treurgrond bring die speeltalent van verskeie van die grootste name in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf (insluitend Steve Hofmeyr, Shaleen Surtie-Richards en Jana Strydom) byeen om dié verhaal tot in die hart van kykers te bring.
Opsomming van rolprent: Treurgrond vertel ’n pynlike verhaal van ’n plaasgemeenskap in Suid-Afrika wat probeer om te oorleef, ten spyte van bykans daaglikse aanvalle op boere. Hierdie aanvalle hou boonop nie net ’n gevolg in vir die mense wat direk daardeur geraak word nie, maar het ook ʼn kettingreaksie wat verskeie ander mense raak, tot gevolg.
Te midde van druk probeer die boer Lukas van Staden (gespeel deur Steve Hofmeyr) sy familie, vriende en plaas beskerm.
Lokprent op Youtube: Kyk hier
Tydsduur: 91 minute
Akteurs: Steve Hofmeyr, Deon Coetzee, Barbara Marie Immelman, Graeme Kriega, Richard Lukunku, Jana Strydom, Shaleen Surtie-Richards, Erica Wessels
Regisseur: Darrell Roodt
Taal: Afrikaans en Engels