Die TydToer kaartjies (daar is 215) het sewe verskillende kategorieë, insluitend Ontdekkings & Uitvindings, Oorloë & Konflik, Kuns & Kultuur, Geskiedenis & Politiek, Natuur & Gebeure, Sport en Algemeen.
R350.00
TydToer is ’n opvoedkundige tydlynspeletjie wat jou kennis, geheue en vaardighede gaan toets oor geskiedkundige en ander gebeure van die afgelope 600 jaar in beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Die doel van die spel is om jou eie tydlyn te bou deur 9 kaarte oor gebeure in die regte volgorde te plaas voor jou opponente dit kan vermag. Het die Groot Trek plaasgevind voor die Franse Rewolusie? Word Coca-Cola verkoop as ’n suikerdrankie voor of na die Anglo-Boereoorlog? Wees versigtig: as jou tydlyn verkeerd is voor jou tydlyn vol is, begin jy oor!
Speel slim en bou jou tydlyn voordat ander spelers jou ongespeelde kaartjies met hul Krugerrande aankoop.
4 in stock (can be backordered)